Die Nossob Skryfgroep is 'n onafhanklike platform wat die unieke ervaringe, geskiedenis, kultuur, kennis, stories, en sienswyse van Afrikaanssprekende inheemse gemeenskappe in Namibië en suidelike Afrika verwoord. Dit is opgedra aan die Khoekhoense en Veld-gemeenskappe wat tydens kolonialisme tesame met hul omgangstale, gronde, leefwyses, samelewing, en gelowe verdwyn het, en is vir hul nasate 'n spoor om te volg, terug huis toe. As u tot hierdie blad wil bydra, kry ons by nossobgroep@gmail.com