Laat dit Reën
laat elke fokken druppel val en my deurweek
almal van julle
bring julle stront
laat die wolke breek
en my verspoel
bring alles
al die blaam
al die wysvingers
bring dit
ek fokken wag
sê dit
gee dit
ek sal net meer suip en kwater raak
julle kan my nie breek nie
elke hond wat my sy pispaal
gemaak het
raai wat
ek staan nog steeds
© Ronelda S. Kamfer, Noudat Slapende Honde (Kwela, 2011)
***
Ronelda S. Kamfer is op die 16de Junie, 1981, te Blackheath in Kaapstad, Wes-kaap, Suid-Afrika, gebore. Sy word tans beskou as een van die beste, nuwe digters in die Afrikaanssprekende kreoolse gemeenskap. Kamfer het grootgeword by haar grootouers (ouma / grootma / oumamma, en oupa / grootpa / oupappa), plaaswerkers in Grabouw, ongeveer 60 kilometer buite Kaapstad. Op dertien moes sy terugtrek na haar ouers in Elsiesrivier, 'n stormagtige voorstad van Kaapstad, gekenmerk deur armoede, geweld, dwelmmisbruik en handel, en bende-oorloë. Haar ervaringe in Elsies het haar sielkundig geraak en geknou, en speel groot rolle in haar lewensuitkyk en digkuns.
In 1999, het sy 'n BA-graad behaal, en het sy ook as kelnerin, klerk, en verpleegster gewerk terwyl sy deeltyds gestudeer en gedigte geskryf het. Op hierdie manier het sy dan 'n meestersgraad in Afrikaans en Nederlands verwerf aan die Universiteit van Wes-kaap (UWK). Kamfer is sterk beïnvloed deur die ritmiese rymskemas en digkuns van die oorlede Tupac Shakur, Derek Walcott, Charles Bukowski, en Antjie Krog. Sy is met die digter, Nathan Trantraal getroud, en hulle het 'n dogter.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking