Feite: Nee, COVID-19 Entstowwe Maak Mense Nie Magneties Nie

   Videos wys hoe magnete aan mense vassit waar hulle vermoedelik ingeënt is, maar daar is hoegenaamd geen bewyse dat entstowwe 'n magnetiese reaksie veroorsaak nie.

Videogrepe van mense wat, volgens hulle, wys dat magnete vassit waar, hulle beweer, 'n COVID-19 entstof op hul boarms toegedien was, versprei op die oomblik soos 'n veldbrand op Whatsapp en sosiale media, en sommige beweer glo dit is bewyse dat COVID-19 entstowwe stukkies metaal, opspoorstoestelle, en selfs mikroskyfies bevat.

Die verskynsel het selfs 'n aanlyn beweging, die #MagnetChallenge, laat onstaan van mense wat videos opneem en plaas van voorwerpe, hoofsaaklik ''magnete'', wat op hul boarms vassit waar 'n COVID-19 entstof glo ingespuit was.

Hierdie magneet-op-die-arm ''verskynsel'' is die nuutste teen-entstof veldtog wat versterk en bevorder word deur teen-entstof bewegings, profiele, bladsye, en groepe op verskeie sosiale media platforms.

Sedert vroeg verlede jaar, 2020, word valse beweringe gesirkuleer dat COVID-19 entstowwe mikroskyfies en opspoortoestelle bevat, en die beweringe is hardnekkig.

Wat is die eintlike storie?

Feitekontroleerders regoor die wêreld, insluitende Namibia Fact Check, het die magneet-op-die-arm verskynsel afgemaak as nog een van vele bogstories aangaande COVID-19. Hierdie nuutste teen-entstof veldtog, en gepaardgaande valse beweringe, soos vele ander, het oorspronklik ontstaan by teen-entstof groepe wat in die Verenigde State van Amerika (VSA) gebaseer is.

Die Britse feitekontroleerder, Full Fact, het onlangs verduidelik:

''Dit is hoogs waarskynlik dat magnete aan die vel vassit as gevolg van vog op die vel, nes dit ook moontlik is om 'n muntstuk op jou voorkop te plak, of om 'n lepel op jou neus te balanseer.''

Feitekontroleerders is dit eens dat COVID-19 entstowwe geen metaalvoorwerpe, opspoortoestelle of mikroskyfies bevat wat 'n magnetiese reaksie in mense se liggame veroorsaak nie, nadat hulle met 'n entstof ingespuit is. Tegnies gesproke is so iets onmoontlik.

Die bestanddele van alle COVID-19 entstowwe is in die openbaar, maklik toeganglik, en aanlyn beskikbaar vir enigiemand, en almal, om te lees.

Baie Belangrik (BB): Wanneer u na hierdie of soortgelyke videos kyk, hou asseblief in gedagte dat die mense daarin geen bewyse lewer of verskaf dat hulle met 'n COVID-19 entstof ingeënt was nie, of dat die voorwerpe wat aan hul boarms vassit magnete, of magneties, is nie.

Die foto was verskaf deur AAP (Associated Australian Press). Hierdie artikel is geskryf deur Frederico Links, die redakteur en hoofnavorser by Namibia Fact Check, ook 'n navorser by die Institute of Public Policy Research (IPPR).

Lees die oorspronklike artikel hier, in Engels: https://namibiafactcheck.org.na/report/no-covid-19-vaccines-do-not-make-people-magnetic/?fbclid=IwAR1glspAyT38tQPcY20Lk2OrN0hMsEoQkhqkisUBoaxn4KtHhsCxQgEsRiY

Lees hier, verder:

1. Die bestanddele van die Pfizer-BioNTech, Moderna, en Johnson & Johnson (Jansen) COVID-19 entstowwe (in Engels): https://www.hackensackmeridianhealth.org/HealthU/2021/01/11/a-simple-breakdown-of-the-ingredients-in-the-covid-vaccines/

2. Die bestandele van die AstraZeneca / COVISHIELD COVID-19 entstof (in Engels): https://www.canada.ca/en/health-canada/services/drugs-health-products/covid19-industry/drugs-vaccines-treatments/vaccines/astrazeneca.html

3. Die bestanddele van die Sinopharm BBIBP-CorV COVID-19 entstof: https://en.wikipedia.org/wiki/Sinopharm_BBIBP-CorV_COVID-19_vaccine

Opmerkings