Covid-19 Entstowwe: Feite vir Mense wat Huiwer om Entstowwe te Kry

   Volgens dr. Sherita Hill Golden, 'n Amerikaanse spesialis in hart- en suikersiekte, en inheemse gemeenskapsiektes, is dit elkeen se persoonlike besluit om teen Covid-19 ingeënt te word. Niemand word gedwing om dit te doen nie.

   Sy verskaf ook tien (10) feite vir mense wat huiwer om teen Covid-19 ingeënt te word: 

   1) Covid-19 entstowwe dien as beskerming teen ernstige siekte

   Covid-19 entstowwe werk saam met jou immuunstelsel om die koronawierus te beveg ingeval jy blootgestel word. Terwyl die pandemie wêreldwyd steeds voortsleep, en nuwe wierusstamme (of variante) ontwikkel, is dit tog 'n goeie besluit om ingeënt te word. Op hierdie manier is jy in beheer van jou eie gesondheid en help die entstowwe jou liggaam om te verhoed dat jy ernstig siek word, of selfs sterf.

   2) Mense wat in noodsaaklike dienste en daagliks met die publiek werk, is baie vatbaar vir Covid-19

   Mense wat in winkels, kantore, by diensstasies, as sekuriteitswagte werk, en noodsaaklike dienste soos onderwys, gesondheid en verpleging, openbare dienste soos vullisverwydering, bouwerk, munisipale dienste verskaf, enige soort werk wat mense met baie ander mense in aanraking bring, is ongelukkig hoogs vatbaar vir Covid-19. Dit is derhalwe 'n goeie besluit om teen Covid-19 ingeënt te word. 

   3) Deur ingeënt te word beskerm jy andere in jou gemeenskap

   Ouer persone en mense met kroniese siektes, soos hart- en suikersiekte, onder andere, is geneig om ernstige, selfs noodlottige, Covid-19 gevalle te wees, sou hulle aangesteek word. Dus, hoe meer mense ingeënt word, hoe gouer sal hulle veilig wees. 

   4) Meer inentings teen Covid-19 verhoog die kanse dat ons weer normale lewens sal ly

   Na meer as 'n jaar van afstellings, uitstellings, sluitings, kansellasies, is almal gretig om terug werk toe te gaan, nie siek te word nie, ook nie in afsondering gehou te word nie, kinders wil terug skool toe, wil sport beoefen, om familie bykomstighede by te woon, partytjies te hou, kerk en soortgelyke sosiale aktiwiteite te beoefen. Niemand weet wanneer die pandemie tot op 'n einde sal kom nie, maar elkeen wat besluit om teen Covid-19 ingeënt te word verhoog die kanse dat dinge weer normaal sal word. 

   5) Alhoewel die Covid-19 entstowwe vinnig ontwikkel was, is alle noodsaaklike stappe gevolg

   Die vinnige ontwikkeling van Covid-19 entstowwe het nie 'n kortpad verby veiligheid en doeltreffendheid gevat nie. Alle entstowwe word ontwikkel en vervaardig met behulp van metodes wat baie jare lank al bestaan, gebruik en op mense getoets word, en wat ontwerp is om groot hoeveelhede entstof te toets en vervaardig in geval aansteeklike siektes, soos Covid-19, vinnig in gemeenskappe versprei.

   6) Die newe-effekte van Covid-19 entstowwe is tydelik en beteken nie jy is siek nie

   Die entstowwe bevat nie 'n lewendige vorm van die wierus nie, en jy kan en sal Covid-19 nie opdoen deur middel van inenting nie. Na die inspuiting sal jou arm seer wees of pyn, jy sal ligte koors of liggaamspyn ervaar, selfs moegheid, maar dit beteken nie jy het Covid-19 nie. Hierdie simptome is tydelik en duur gewoonlik net 'n dag of twee. Dit gebeur omdat jou immuunstelsel die koronawierus leer herken en moet bestry.

   7) Al het jy allergieë, kan jy nog steeds 'n Covid-19 entstof kry

   Mense wat allergies is vir sekere voedselsoorte, insekte (soos bye), latex (of rubber), en ander algemene stowwe, soos stuifmeel en stof, mag 'n Covid-19 entstof kry. BB (baie belangrik): Mense wat voorheen allergiese reaksies teen ander entstowwe gehad het, moet eers hul huisdokter raadpleeg omdat hulle moontlik ook allergiese reaksies teen die bestanddele van Covid-19 entstowwe sal hê.

   8) Covid-19 entstowwe, swangerskap, vrugbaarheid, en borsvoeding

   Covid-19 enstowwe is veilig vir moeders wat borsvoed, en benadeel nie 'n vrou se vermoë om swanger te word nie. As gevolg van veranderinge in hormoonvlakke en die liggaam, word swanger vroue aangeraai om 'n geskikte entstof met hul huisdokter te bespreek, of eers 'n dokter by 'n hospitaal te raadpleeg. 

   9) As jy klaar Covid-19 gehad het, sal 'n entstof jou ekstra beskerming gee

   Jy kan nog steeds 'n entstof kry al het jy Covid-19 gehad. Voorgestelde riglyne en navorsing dui daarop dat mense wat Covid-19 gehad het, nog steeds ingeënt moet word. Sommige mense wat ingeënt is nadat hulle Covid-19 gehad het, het 'n sterk immuunreaksie opgemerk na die eerste inspuiting.

   10) Tyd is belangrik en entstowwe kan nie lewens red nie tensy mense ingeënt word

   Sommige mense huiwer om teen Covid-19 ingeënt te word. Hulle wik en weeg moet hulle nie of moet hulle. Entstof-aarseling (of huiwering) kom voor by mense van alle agtergronde, ouderdomme, kultuur- en taalgroepe maar ongelukkig speel tyd 'n groot rol. Moenie te lank wag om teen Covid-19 ingeënt te word nie want die wierus versprei vinnig in ons gemeenskappe en kan selfs nuwe stamme ontwikkel.

   Covid-19 entstowwe kan nie op hul eie die pandemie verkort nie. Hulle is slegs doeltreffend wanneer die hele gemeenskap instem en ingeënt word, en nadat mense ingeënt is, hulle aanhou maskers dra, hande was, veilige afstande behou, en ligte oefeninge doen (om die immuunstelstel te help) totdat die verspreiding van Covid-19 onder beheer is.

   Hierdie artikel was oorspronklik geskryf deur dr. Sherita Hill Golden, M. D., M. H. S., Johns Hopkins Medicine, en die vertaling daarvan uit die Engels is behartig deur Anya Namaqua Links. 

    Lees die oorspronklike artikel hier: https://www.hopkinsmedicine.org/health/conditions-and-diseases/coronavirus/covid19-vaccine-hesitancy-12-things-you-need-to-know  

Opmerkings