Feite: Nee, Singapoer het Nie 'n Lykskouing Gedoen wat Bewys COVID-19 is Bakteries Nie

   'n Verslag, wat swak en onsamehangend geskryf is, beweer ook dat Singapoer die WGO (Wêreldgesondheidsorganisasie) se maatreëls vir die behandeling van COVID-19-pasiënte verontagsaam het...

   Die nuwe dag bring nog 'n valse verslag. 

   Hierdie een het vanaf einde Mei tot vroeg in Junie, 2021, in Namibiese Whatsappgroepe rondgeswerf en maak aansprake wat in verskillende weergawes daarvan glo in ander lande ook plaasgevind het. 

   Die verslag, wat vele kere op Whatsapp aangestuur is (Eng. Forwarded many times), beweer dit is oorspronklik van die Singapoerse gesondheidsowerheid, en lui: 

   ''Singapoer is die eerste land ter wêreld wat 'n lykskouing op 'n COVID-19 lyk uitgevoer het. Na 'n deeglike ondersoek is bevind dat COVID-19 nie as 'n wierus bestaan nie, maar wel as bakterieë wat blootgestel is aan bestraling en die dood van mense veroorsaak deur bloedstolling.

   ''Dit is bevind dat COVID-19 bloedstolling veroorsaak, wat bloedstolling veroorsaak by mense, en bloedstolling veroorsaak in die are, wat dit moeilik maak vir mense om asem te haal omdat die brein, hart, en longe nie suurstof kan kry nie, wat veroorsaak dat hulle vinnig sterf. 

   ''Om die oorsaak van die tekort aan asemhalingsenergie vas te stel, het dokters in Singapoer nie die WGO se maatreëls gevolg nie, en 'n lykskouing op COVID-19 gedoen.''

   Is dit waar?

   Nee, dit is nie. 

   In die eerste plek word die siekte, COVID-19, nie deur bakterieë nie, maar deur 'n wierus veroorsaak. Tik op die prent om dit te vergroot, asseblief: 

   Tweedens het sulke lykskouing nooit in Singapoer plaasgevind nie.

   Die Ministerie van Gesondheid in Singapoer het onlangs die volgende verklaring op sy webwerf geplaas: 

   ''Ons is bewus van 'n verslag wat versprei dat Singapoer 'n lykskouing op 'n COVID-19-pasiënt uitgevoer het, en van beweerde veranderinge in behandelingsmaatreëls. Die inhoud daarvan word toegeskryf aan die Ministerie van Gesondheid in Singapoer. Dit is NIE waar nie. 

   ''Feite: Singapoer het nie sulke lykskouing uitgevoer nie. Die boodskap bevat valse inligting aangaande die patofisiologie van COVID-19-besmetting wat nie deur bewyse bevestig word nie. 'n Vorige weergawe van hierdie omsendbrief waarin Rusland genoem word, in plaas van Singapoer, is ook vals. 

   ''Ons doen hiermee 'n beroep op die publiek om nie ongegronde inligting te versprei wat openbare kommer en vrees aanwakker nie.'' 

   Op die 7de Junie, 2021, 07:24, het die Ministerie van Gesondheid in Singapoer dieselfde boodskap op hul Facebook-blad geplaas:

   Namibiese verbruikers van sosiale media word aangemoedig om 'n eenvoudige Google soektog te doen sodra hulle soortgelyke boodskappe, verslae, en omsendbriewe ontvang, en baie belangrik, voordat hulle sulke boodskappe verder aanstuur. 'n Soektog op Google sal vinnig bewys dat talle feitekontrole al verskeie kere op sulke valse verslae gedoen was.

Hierdie artikel is geskryf deur Frederico Links, die redakteur en feitekontroleerder by Namibia Fact Check, ook 'n navorser by die Institute of Public Policy Research (IPPR).

Lees die oorspronklike artikel hier, in Engels: https://namibiafactcheck.org.na/report/no-singapore-did-not-perform-an-autopsy-that-showed-covid-19-is-bacterial/?fbclid=IwAR2Nb_i6t5Rwt3lRRDlLiaQERSIuansmx924_Ggnmg4maWdawqyipunt-90

   Lees hier, verder: 

1) False message on alleged changes in COVID-19 treatment protocols, MOH (Ministry of Health, Singapore)https://www.moh.gov.sg/covid-19 

2) Ministry of Health, Singapore (official Facebook page & post)https://www.facebook.com/sghealthministry/posts/10159182946525631 



 

 

     


Opmerkings