Nossob Nuus: 11 Miljard Vate Oliereserwes Ontdek langs Namibiese Kus, sê TotalEnergies

deur Grace Goodrich

    Die Franse soepermajoor (Eng. ''supermajor''), TotalEnergies, het olie langs die kus van Namibië ontdek. Ingevolge 'n persverklaring uitgereik deur die maatskappy het dit ongeveer 84-meter se olie netto besoldiging met gepaardgaande gas teëgekom by hul Venusprojek in die Oranjekom. Netto besoldiging of ''net pay'' is 'n uitdrukking in die koolwaterstof mynbedryf (gas, olie, steenkool) wat die afstand aandui waar bruto of netto besoldiging beskikbaar is om sodoende die onkoste van ontgunning teen die waarde van 'n ontdekking op te weeg; met ander woorde, die lewensvatbaarheid, volhoubaarheid, en winsgewendheid van 'n ontdekking.

    Soepermajore, of Groot Olie-maatskappye soos hulle algemeen genoem word, is die wêreld se ses (6) of sewe (7) grootste openbare maatskappye wat in olie en / of gas handel. Hulle is BP (British Petroleum), Chevron, Eni, ExxonMobil, Shell, TotalEnergies, en ConocoPhillips. Die naam, soepermajore of Groot Olie is ook 'n aanduiding van hul politieke invloed en ekonomiese mag, wêreldwyd. 

    Die Venusprojek is in Blok 2913B in Namibië se Oranjekom geleë. Die Venus 1-x-put word betekenend vir olie en gas beskou en kom kort op die hakke van Shell se olieontdekking by sy Graff-1 put, ook in die Oranjekom, vroeër vandeesmaand.

    ''Hierdie ontdekking aan die kus van Namibië en sy aanvanklike belowende resultate bewys die potensiaal van ons onderneming in die Oranjekom, en waarin TotalEnergies 'n belangrike pos in beide Namibië en Suid-Afrika beklee,'' het Kevin McLachlan, die senior vise-president van verkenning by TotalEnergies, gesê. ''Ons het 'n omvattende olieboor-en boorgatlogprogram voltooi wat gebruik sal word vir die voorbereiding van bedrywighede en verrigtinge om die handelswaarde van die ontdekking te bepaal.''

    Namibië het na raming 11 miljard vate in oliereserwes. Die eerste opbrengs word voorspel vir 2026. Die land poog om die ontwikkeling van sy olie-en gasvelde te versnel deur middel van veldtogte om houers van petroleum verkenningslisensies (PVLs) aan te spoor om hul blokke te verken.

    Die vennote by Blok 2913B sluit in TotalEnergies (40%), Qatar Energy (30%), 'n private Britse olie-en gasmaatskappy genaamd Impact Oil & Gas (20%), en die Nasionale Petroleum Korporasie van Namibië (NAMCOR) met 10%. TotalEnergies voer sedert 2017 olie-en gasverkenning uit in Namibië en is ook bedrywig in die handel en stoor van petroleum en verwante produkte in die land. 

    Lees die oorspronklike artikel hier in die Ingels: https://energycapitalpower.com/totalenergies-announces-significant-oil-discovery-offshore-namibia/ . Die vertaling in Afrikaans is behartig deur Mûs ||Arebe vir die Nossob Groep, Namibië. Die tekening hierby van Blok 2913B is verkry van www.impactoilandgas.com . 

    Bronnelys 

  1. Soepermajore / Groot Olie-maatskappye (Big Oil): https://en.wikipedia.org/wiki/Big_Oil#:~:text=The%20supermajors%20are%20considered%20to,Shell%2C%20TotalEnergies%2C%20and%20ConocoPhillips.
  2. Olie Netto Besoldiging / Oil Net Pay (Pay)https://en.wikipedia.org/wiki/Pay_(geology)#:~:text=Overall%20interval%20in%20which%20pay,saturation%20or%20volume%20of%20shale.
  3. About Impact Oil & Gas: https://impactoilandgas.com/about/  

Opmerkings