Kaisames: Ons Inheemse Afrikhoe Abetseb (Alfabet)

    Hierdie jaar vier Namibië sy 32ste onafhanklikheid van Suid-Afrika en is dit dan ook vanpas om ons eie inheemse alfabet, oftewel die abetseb, bekend te stel. Dit is al redelik baie lank in gebruik, sedert die aanvang van kolonialisme in suider Afrika ongeveer 500 jaar gelede, maar word nooit regtig gebruik om mee te skryf nie.

    Die abetseb is van onskatbare waarde en help om ons inheemse dialekte en tale te verbou en verwoord. Hierdie alfabet streef ook daarna om te begin om Afrikaans met ander inheemse tale in Namibië te integreer, veral skriftelik. 

    Op die oomblik word Afrikaans anders as inheemse tale geskryf en gespel, volgens Europese taalreëls, wat daartoe lei dat inheemse mense die taal skryf met letters wat hulle hoofsaaklik uit die Khoekhoe (uitspr. kô-ê-kô-ê) abetseb neem. Standardisering is nie belangrik nie omdat die punt van kommunikasie tog is dat mense mekaar en die konteks van woorde moet verstaan.

    Daar is ook beweging te bespeur in Suid-Afrika van sogenaamde Afrikaanse taalorganisasies in daardie land wat toenemend toenadering soek by Nederland en België in Europa wat nie die geval in Namibië is nie omdat inheemse, nie-blanke Khoekhoegowab-sprekers Afrikaans oorspronklik in Namibië gepraat en gevestig het. Die onafhanklikheid van !garib (Gharieb), die Namibiese Afrikaanse dialek, is daarom uiters belangrik en moet sy herkoms en geskiedenis einste deur hierdie inheemse gemeenskappe beskerm en bewaar word.  

    Die abetseb sluit tot dusver slegs vier (4) klikgeluide of konsonante in, alhoewel ǂaakhoe en Jû baie meer klikgeluide, of konsonante, het. Die inheemse alfabet, vir kaisames*, begin altyd, ǂguro (eerste), met die klik-konsonante en ons gebruik hier die Latynse alfabet. 

Die Letters van Ons Inheemse Alfabet (Abetseb)

| - klik met die tong teen die agterkant van die boonste voortande (dentale klik).

! - klik met die tong teen die voorste deel van die verhemelte (palatale klik). 

|| - klik met die kante van die tong teen die binnekant van die wange (laterale klik). 

ǂ - klik met die tong teen die agterste deel van die verhemelte (agter klik).

|g - dentale klik met g soos in ''ghoen''

!g - middel klik met g soos in ''ghoen''

||g - laterale klik met g soos in ''ghoen'' 

ǂg - agterste klik met g soos in ''ghoen''

|h - dentale klik met ''h''

!h - palatale klik met ''h''

||h - laterale klik met ''h''

ǂh - agter klik met ''h''

|kh - dentale klik met ''kh''

!kh - palatale klik met ''kh''

||kh - laterale klik met ''kh''

ǂkh - agter klik met ''kh''

|n - dentale klik met ''n''

!n - palatale klik met ''n''

||n - laterale klik met ''n''

ǂn - agter klik met ''n''

A a - klinker a, word plat uitgespreek, kort, sonder oorronding

Ā  ā - klinker, lang a, word plat uitgespreek soos die dubbel a in ''gaan'' in Afrikaans 

 â - nasale â, word plat uitgespreek en genasaleer

- toonkonsontant, plofgeluid met albei lippe en 'n kort, lae geluid

(daar is nie ''c'' in die inheemse alfabet nie)

- konsonant, plofgeluid met tong teen die verhemelte en 'n kort, lae geluid

e - klinker, word plat uitgespreek, kort, soos ê in Afrikaans

Ē ē - lang klinker, word plat uitgespreek en soos 'n dubbel ê in Afrikaans

ee - klinker in Afrikaans, word uitgespreek soos die ''ee'' in eelt

F f - konsonant, frikatief, blaas deur tande en onderste lip, geluidloos

G g - konsonant, plofgeluid agter in die mond, kort, word uitgespreek soos ''gh'' in ''ghoen'' in Afrikaans

H h - klinker, blaas deur mond en maak 'n kort geluid

I i - klinker, kort, word soos ie in Afrikaans uitgespreek sonder nasalering

Î î - nasale klinker, word uitgespreek soos ie in Afrikaans maar genasaleer

Ī ī - lang klinker, word uitgespreek soos dubbel ie in Afrikaans

J j - konsonant, blaas tussen tong en verhemelte met 'n kort geluid

K k - konsonant, plofgeluid met tong teen agterkant van mond, klein klikgeluid

L l - konsonant, frikatief, word hoofsaaklik in leenwoorde uit Afrikaans, Duits, en Engels gebruik

M m - lang nasale konsonant wat deur die neus uitgeblaas word met albei lippe toe

N n - lang nasale konsonant wat deur die neus uitgeblaas word met die tong teen die verhemelte

Ô ô - klinker, word met oorronding uitgespreek en genasaleer

O̅ o̅ - lang klinker, word met oorronding uitgespreek, sonder nasalering

P p - tonale konsonant, plofgeluid met albei lippe en kort middeltoon geluid

(daar is nie ''q'' in die inheemse alfabet nie)

R r - konsonant, frikatief, word met 'n geluid langs die tong geblaas

S s - konsonant, frikatief, lug word tussen die voortande en die tong geblaas met 'n hoë fluit

T t - kort konsonant, plofgeluid wat met die tong teen die voortande gemaak word 

U u - klinker, kort, word uitgespreek soos oe in Afrikaans

Û û - klinker, word uitgespreek soos oe in Afrikaans met nasalering

Ū ū - lang klinker, word uitgespreek soos 'n dubbel oe in Afrikaans sonder nasalering

V v konsonant, frikatief, blaas deur tande en onderste lip, geluidloos

W w - konsonant, frikatief, word soos w in ''water'' in Afrikaans uitgespreek

X x - konsonant, frikatief agter in die mond, word uitgespreek soos ''gee'' in Afrikaans

(daar is nie ''y'' in die inheemse alfabet nie'')

ae - diftong, |gam|o̅ga, klinker wat soos ''aai'' in Afrikaans klink

ai - diftong, |gam|o̅ga, klinker wat soos ''ei'' soos in ''eier'' in Afrikaans klink

ao - diftong, |gam|o̅ga, klinker wat soos ''ow'' in ''now'' in die Ingels klink

au - diftong, |gam|o̅ga, klinker wat soos ''ou'' in Afrikaans klink

dj - diftong, konsonant wat soos ''j'' in ''jump'' in die Ingels uitgespreek word

kh - diftong, konsonant waar die k plofgeluid en die h saam uitgespreek word

oa - diftong, |gam|o̅ga, klinker, word as volg uitgespreek, ô-â, in Afrikaans  

ûi - diftong, |gam|o̅ga, nasale klinker wat presies soos ''oei'' in Afrikaans klink

tj - diftong, konsonant wat soos ''sh'' in die Ingels klink

ts - diftong konsonant waar t en s saam uitgespreek word

(daar is nie ''Z'' in die inheemse alfabet nie, z word met ''s'' vervang) 

Z z - konsonant, frikatief, wat soos ''th'' in ''the'' in die Ingels uitgespreek word

Die Samestelling van ons Inheemse Alfabet

    Die abetseb bestaan uit 58 (agt-en-vyftig) letters: 40 (veertig) konsonante (insluitende klikke), en (tsî) 18 (agtien) klinkers (insluitende ''h'' en diftonge).

Skryfreëls van Ons Inheemse Alfabet

    Dit is algemene gebruik in Khoekhoegowab om selfstandige voornaamwoorde met hoofletters te skryf wat nie die geval is in standaard Afrikaans nie. Behalwe vir wanneer 'n woord met 'n klik konsonant begin, word die eerste woorde van sinne met hoofletters geskryf. Sinne wat met woorde met klik konsonante begin word as volg geskryf: |hôas (kat) - nie |Hôas nie. Alhoewel dit nie nodig is nie word 'n punt gewoonlik aan die einde van 'n sin geplaas en kommas word ook algemeen gebruik. ''H'' word as 'n klinker beskou. 

Voorbeelde van Eenvoudige Sinne met die Abetseb

  1. Hîr stān ons vandax. 
  2. Hy het mûisām met di Trappe opxeklim.
  3. Sy is nî by di Werk nî.
  4. Alles is wex! Wār kan dit wēs?
  5. Het jy di Hond îwers xesin?
  6. Ha? (Wat?)
    Ons hoop van harte dat ons terugvoering hieroor sal kry en veral bydraes tot die uitbreiding van die inheemse alfabet. Dit sal egter wonderlik wees om 'n gedig of artikel in !garb (Gharieb) te ontvang met eg inheemse inhoud. Kry ons in die hande by nossobgroep@gmail.com.  

Opmerkings