Politiek: 'n Ope Brief om Wakker te Skrik en Op te Staan vir U Inboorling Regte

    deur Dr. William Langeveld

    Van 'n ''kleurling'' slaaf tot 'n trotse eerste inboorling!

    Cornel West in sy boek, Race Matters verwys na slawe uit Afrika waar die Engelse ''beskawing'' in Amerika die ''coloreds'' identiteit op hulle afgedwing het. Hierdie Engelse Christen misdade teen die mensdom is ook net so van toepassing op diegene wat as ''coloureds'' in Suid-Afrika die afgelope eeu (1910 - 2010) beledig word. Daarom is die ''coloured of kleurling'' vandag 'n vernietigde mens met geen self-kennis nie, ontwortel van sy inboorling fondasie, afgesny van die kern van sy wese wat hom menswaardigheid moes bring.

    My Engelse Methodiste kerk doopseël verklaar dat my etniese identiteit ''gemeng'' is, nie eerste nasie Korana nie. Oral op die ''kleurling'' skool en kerk was ek belieg deur die predikant, ouderlinge en onderwysers dat ek ‘n ''kleurling'' is. Ek het dit so baie maal gehoor dat ek dit geglo het. Herhaling is die beste vorm om mense se denke beheer.

    Eers nadat ek in Amerika inboorling Rooihuide ontmoet het, het ek geleer dat die kleurling identiteit vals is. Ek ontdek dat ek 'n eerste nasie Korana khoe-i is, nie ‘n kleurling, hotnot, boesman of baster nie. Die herstel van ons inboorling Korana identiteit moet die lang proses begin om die historiese trauma, ''kleurling'' slawe-mentaliteit en die dominante velkleur identiteitskrisis te genees.

    Bevry u denke en verwerp die valse identiteite van kleurlinge, kaapse kleurlinge, ander kleurlinge, basters, hotnots, boesmans met al die minagting wat dit verdien. Erken met trots dat ons die eerste nasie Kaapse Khoin, San, Korana, Nama en Griekwa inboorlinge is en dat ons eintlik die regmatige grondeienaars van suidelike Afrika is wat oor ons self sal moet regeer.

    Derhalwe begin ons 'n landwye ontwakingsveldtog om aktief betrokke te raak in selfkennis leerervaringe, ken uself, u ouers, grootouers, u familie. Bloed is dikker as water: Ons vertrek op 'n self ontdekkingsreis. Ons hou jaarlikse familie reunies tydens die ╪guro !oras (Eerste Vrugte Fees) oor sewe (7) dae van 26 Desember tot 1 Januarie. Ons takel die identiteitskrisis met bewusmakingveldtogte gefokus op identiteit en erkenning deur volksgenote wat van huis tot huis, breë familie stamme tot op die vlak van inboorling volk gevoer word.

    Ons besoek argiewe, kerk registers en gesels gerus in huis-en volksvergaderings om besluite te neem dat op grond van ons geskiedenis oor duisende jare as die eerste bewoners van ons land met ons eie taal, kultuur en gewoontereg eis ons Eerste Nasie Status. Ons stel 'n Nasionale Eerste Nasie Register op sodat identiteitskaarte wat nie vervals kan word nie, uitgereik word. Kry gerus ‘n registrasievorm by u leier en registreer as 'n eerste nasie inboorling.

    Ons span navorsers moet met nuwe idees die feite substansieer dat antieke Suid-Afrika 'n Kaapse Khoi, Korana, Nama, Griekwa en Saan beskawing was; sodat die herskryf van ons geskiedenis ons eie konsep van die ware geskiedenis van Suid-Afrika prakties kan triomfeer voor enige deeglike beplanning begin.

    Ons herdenk ons vyfhonderdjarige vryheidstryd op 1 Maart, 2012, met 'n byeenkoms in die Kaapstad stadion. Ons bevrydingsproses loop in die voetspore van ons inboorling voorouers waarin die volk beweeg vanaf 'n persoon met selfsug na 'n inboorling volk se kollektiewe welstand met menslike behoeftes en vanaf die sinnelose aanpassing in Siek-Velkleur-Suid-Afrika tot inboorling bemagtiging wat self-beskikking vir ewig 'n werklikheid sal maak. Ons werk saam en begin ons eie volhoubare organiese voedsel produksie, water suiwering en hernubare energie en bedryf ons eie ruilhandel stelsel van gelykheid.

    Ons eis in die wetsontwerp van ons grondwetlike erkenning, die nodige veranderings om beheer oor ons lewens te herwin. Ons begin tussen ons bejaardes en die jeug, die langtermyn proses van ware kollektiewe inboorling genesing van die eeuelange historiese trauma en kleurling slawe mentaliteit, te organiseer. Skrik wakker, staan op en onthou die wysheid van Frederick Douglas, wat vir die bevryding van kleurling slawe in Amerika geveg het:

    ''As daar nie 'n stryd is nie, is daar geen vordering nie. Diegene wat sê hulle soek vryheid, maar die woelinge minag, is mense wat wil oes sonder om die grond om te ploeg. Hulle soek reën sonder donder en blitse. Die stryd mag moreel of fisies wees, maar daar moet 'n stryd wees. Mag gee niks toe sonder eise nie. Dit het nooit, dit sal nooit. Vind uit hoeveel onreg mense toelaat, dan weet jy hoeveel onreg afgedwing word wat sal voortduur tot mense weerstand bied en met woorde of houe slaan. Die tiran se geweld teen die mense word net beperk deur die volk se uithouvermoë.''

    Hoekom was die inboorling kind as ''baster / kleurling'' slaaf verdierlik? Die ander pouslike bevelskrifte, Dum Diversus op 18 Junie 1452 en Romanus Pontifex op 8 Januarie 1455 was 550-jaar gelede uitgereik ''...magtig die Portugese koninkryk om alle saraseens en heidene binne te val, uit te soek, gevange te neem, te verslaan en te onderdruk, wie ook al die vyande van Christus is, en as persoon hul waardigheid te verlaag tot ewigdurende slawerny''.

    Die ''heilige pous'' het die inboorling Khoen as ''die vyande van Christus'' beskou. Die ''blankes'' het dus hul Christen goddelike bevel gehoorsaam om Khoen Afrikane as ''kleurling'' slawe te verdierlik deur hulle ''gevange te neem en hul waardigheid te verlaag tot ewigdurende slawerny''.

    Bartolomeus Dias het die eerste inboorling Khoi man in 1488 in Mosselbaai vermoor. Inboorlinge het egter tot die dood toe geveg en daarom was weerlose kinders wat die menseslagting oorleef het, gevange geneem om lewenslank as slawe uitgebuit te word. Slawerny was in die Hollandse Christen huishoudings af gedwing. Die inboekelingskap van die Saan, Korana, Nama, Griekwa en Kaapse Khoin kinders (wat gevang en in slawerny grootgemaak was) in die Trekboer en Voortrekker huishoudings was so onmenslik dat ons vandag nog 'n kultuur-erfenis van kindermishandeling het.

    In opdrag van die ''heilige pous'' het ''wit'' Christene vyf (5) eeue gelede na Suid-Afrika gekom om kruise te plant met hul Bybel in die hand. Toe hulle hier kom was die inboorling Khoendie grondeienaars van die hele Suid-Afrika met hul inheemse ekonomie van die gelyke verdeling van grond en hulpbronne in 'n misdaadvrye samelewing. Almal het toe in vrede en liefde met respek vir mekaar gelewe.

    Waarom ly inboorlinge aan 'n ''kleurling'' slawe-mentaliteit vandag? Christen slawerny van gedwonge arbeid was in 1934 beëindig sodat Suid-Afrika kon vorder tot 'n hoër vlak van kapitalisme vir industriële ontwikkeling wat vandag loon-en-skuldslawerny is met die rassistiese baas-boy en miesies-girl verhouding van ongelykheid.

    Die inboorlinge het hierdie onmenslikheid ervaar wat oor baie geslagte heen 'n sielkundige en sosiale skok op hulle gelaat het. Hierdie veelgeslagtelike Groot Trauma het die natuurlike prosesse so erg vernietig, dat die huidige geslag ''kleurlinge'', alhoewel hulle vyf geslagte van die wreedste ervaring van slawerny verwyder is, nog steeds die wonde van onmenslikheid in hul sosiale en geestelike lewens dra. Die ''kleurling'' slawe mentaliteit beteken dat die slagoffer vandag in sy eie ontmensliking deelneem en aan 'n minderwaardigheids kompleks ly. Die pous se Christen slawerny, meer as enigiets anders, het die denke en leefwyses van die sielsieke, ''gemoedsbekakte kleurling'' gevorm.

    Is ''kruisteelt'' die oorsprong van ''kleurling'' self-haat en self-vernietiging? Om die ''goddelike'' opdrag van die pous uit te voer en inboorlinge ''tot ewigdurende slawerny te verlaag'' het die Christen baas 'n inboorling kind gevange geneem, vas gemaak en in aanhouding grootgemaak om sy slaaf of lyfeiendom te wees.

    Die inboorling was dan soos 'n wilde perd ingebreek. Wanneer 'n perd ingebreek word, word hy beroof van sy natuurlike kapasiteit om aan sy eie en kleintjies se behoeftes te voorsien. Voor al die slawe en hul kinders slaan die baas sy ''kleurling'' slaaf totdat hy byna dood is en dwing hom tot gehoorsaamheid, en gedweë gedienstigheid.

    Kruistelery is die proses waar die slawebaas die natuurlike proses omdraai om ‘n ''baster of kleurling'' mens uit blanke en swart bloedvermenging te maak net soos 'n muil van 'n perd en donkie gemaak word. Die muil reproduseer nie, maar is sterk en werk goed vir sy baas. Gedurige vernederings veral ''blanke'' minagting vernietig die selfbeeld en selfvertroue wat tot ''kleurling'' self-haat en self-vernietiging lei, wat met drank en dwelms misbruik net vererger en tot selfmoord lei.

    Die inboorling khoes (vrou) of slavin is die belangrikste faktoor die afgelope eeue in die Christen baas se florende besighede en om die mees ongelyke samelewing af te dwing. Voor die blanke Christen slawebaas haar verkrag rand hy haar met sy sjambok aan totdat sy onderdanig is. Om die inboorling vrou as 'n slavin in te breek, moes verhoudings tussen mans en vrouens omgedraai word.

    In haar natuurlike ''onbeskaafde'' (volgens blanke Christene) toestand is sy grotendeels afhanklik van haar onbeskaafde inboorling man wat haar en haar kinders van kos voorsien en beskerm. Die natuur het voorsien dat die inboorling vrou 'n beperkte beskermingsneiging tot haar onafhanklike seun het, en dat sy haar dogter ook sal grootmaak om soos sy afhanklik van die inboorlingman te wees.

    Die Christen slawebaas het egter die rolle van mans en vrouens omgedraai en met inboorling vaderskap weggedoen. Sy slavin moes met ander slawe ook kinders aanteel. Sy sien hoe die Christen baas haar man slaan of vermoor. Sy word sonder enige beskerming alleen gelaat, die beeld van haar inboorling man vernietig. Sy is verward in haar natuurlike rol as moeder. Uit vrees vir haar seun se lewe sal sy hom oplei om geestelik swak te wees maar fisies sterk om die baas ryk te werk. Is ''kleurling'' Christen moeders se gedrag steeds so?

    Die ''heilige'' pous se Christen slawerny het inboorling families verbrokkel. Vandag is die Christen apartheid huwelik 'n liefdelose geldverhouding van gesinsgeweld, kindermishandeling en egskeiding. Christen slawerny het derduisende enkelouer gesinne veroorsaak en duisende inboorling meisies gedwing tot sekswerkers (prostitusie). Die vrou is die broodwinner en die man 'n stoetbul wat kinders teel sonder om papgeld te betaal. Christelike welsyn beheer dan familiesake en beroof die gesin se menswaardigheid. Die ''blanke'' kinderwet versleg net ouer-kind verhoudings. Die ''blanke'' seksteisteringsbeleid bring apartheid tussen inboorling mans en vrouens.

    Hoe het die Christen kerk en skool so baie verdeeldheid veroorsaak?

    ''Die nag van die swaard en koeël was gevolg deur die môre van die kryt en swartbord. Die fisiese geweld van die slagveld was gevolg deur die sielkundige geweld van die klaskamer.'' (Ngũgĩ wa Thiongo, Decolonising the Mind)

    ''Ons aanvaar die beginsel van voogdyskap oor die nie-Europeër (kleurling) deur die Europeërs (blankes). Hierdie voogdyskap plaas 'n plegtige plig op die Afrikaner (Hollander) om toe te sien dat die kleurling (Khoe) mense opgevoed word volgens Christelike nasionale beginsels. Ons glo dat die kleurling rasbewus gemaak kan word as die apartheidsbeginsel streng toegepas word in die onderwys en kerk lewe.'' Christelik-nasionale Onderwys (CNO), 1960.

    Is Suid-Afrika se Christen apartheid skolestelsel van sielkundige geweld teen inboorling kinders besig om in duie te stort met klaskamer geweld in die ''nuwe'' Suid-Afrika? Herhaling is die beste manier om mense se denke te beheer! As iemand oor en oor hoor dat diegene wat hulself blankes noem beter is as die wat as kleurlinge beledig word, glo en aanvaar hulle dit as die waarheid tot die teendeel bewys word.

    Die ''heilige'' pous van die Vatikanstad se Christen sendelinge het 'n skolestelsel van rasseskeiding afgedwing wat inboorlinge mislei om westerse leefwyses te naboots en hul eie te minag. Khoen kinders word ''kleurling bewus'' gemaak as 'n aparte ras sonder 'n eie identiteit, taal of kultuur.

    Hoekom is dit so moeilik vir ''kleurlinge'' om mekaar te vertrou en te verenig? Die ''blanke'' Christen baas het ''kleurlinge'' eeuelank beheer deur verskille tussen sy slawe oor en oor te beklemtoon. Die baas gebruik begunstiging, vrees, wantroue en afguns om sy ''kleurling'' slawe teen mekaar op te steek. Die baas steek die man teen die vrou op of andersom. Die slawe werk op die landerye, maar die huis slaaf of ''baasboy'' is die baas se oë en ore wat skindernuus aandra. Die kleurling slawe bly afhanklik van hul baas en vertrou net op hom. Vandag is daar groot verdeeldheid onder ''kleurlinge'' wat sonder erkende leiers nêrens kom met enige gemeenskapsontwikkeling nie.

    Die ''kleurling'' se selfvernietigende gedrag het sy oorsprong in ''blanke'' Christen slawerny: 1) Werk - slawerny was gedwonge arbeid van sonop tot sonsondergang. Werk was dus straf wat vermy moes word. 2) Eiendom - die kleurling slaaf mag geen eiendom besit nie. Die blanke Christen baas besit alles, ook sy slawe. Kleurlinge verniel dus moedswillig ander se eiendom uit afguns. 3) Leierskap - Christen slawerny het inboorling leierskap uitgewis deur moord of die tronk daarom is daar geen respek vir hul eie leiers onder ''kleurlinge'' nie. 4) Die grapjas - die slaaf was ook 'n grapjas wat sy baas moes vermaak en as Kaapse Klopse onthaal om die baas se gemoed te kalmeer. Kleurlinge vertel graag grappies om die ''stress'' van blanke onderdrukking te verlig. 5) Persoonlike minderwaardigheid - beelde van 'n ''blanke'' Jesus en engele as blanke vrouens laat almal God in die ''blanke'' sien. Daarom voel die ''blanke'' meerderwaardig en die kleurling voel altyd minderwaardig, onderdanig, gedienstig en gedwee. 6) Verdeelde gemeenskappe - Engelse slawebase, veral die skynheilige sendelinge, was kampioene van die verdeel en regeer beleid. Die baas gebruik afguns en begunstiging om ''kleurlinge'' aanmekaar te trek. 7) Verbrokkelde familie - die Christen slawerny het die inboorling familie vernietig en met vaderskap weggedoen deur moeders broodwinnaars te maak. Daar is derduisende vaderlose gesinne. Die Christen huwelik is 'n geldverhouding van familietwiste. 8) Velkleur diskriminasie - die Christen slawerny het met velkleur diskriminasie begin. Die ligte-vel ''kleurling'' word voorgetrek bo die donker-vel ''kleurling''. Kleurlinge baklei gedurig onder mekaar.

    Die eienskappe van 'n gemoedsbekakte ''kleurling'' vandag. Die ''gemoedsbekakte'' kleurling is lojaal en onderdanig aan sy baas maar lui om te werk en onverantwoordelik teenoor homself. Hy bly die ''boy'' en sy bly die ''girl'' wat die baas en die meisies ryk werk maar self altyd arm en in die skuld bly. Die ''kleurling'' begeer om ''blank'' te wees maar word nooit as 'n gelyke van die blankes erken nie. Daar is 'n toename in tiener selfmoord uit wanhoop vir hul ''kleurling'' toekoms in die kamma ''nuwe'' Suid-Afrika van ''grondwetlike demokrasie''.

    Is die inboorling Groot Trauma die gevolg van die Christen Groot Trek deur Khoen grondgebiede? Christen Voortrekker ''terroriste'' het kruistogte (hul eksodus na hul ''Beloofde Land'' wat kamma leeg was) onderneem as boere-kommando’s in Khoen grondgebiede soos in Namakwaland, ''Boesmanland'' en Korana land en inboorlinge in groot getalle vermoor. Daarom ly baie ''kleurlinge'' vandag nog aan die veelgeslagtelike ''Groot Historiese Trauma'', veral die plaaswerker se drumpelvrees vir sy wrede ''blanke'' Christen baas.

    Die pous se opdrag aan Christene was om inboorlinge ''te oorwin'' daarom het boere kommando’s soos terroriste hulle omsingel, koelbloedig vermoor, hul wonings afgebrand en hul vee geroof. Dit het gewoonlik gebeur in die afwesigheid van die mans wat gaan jag het om kos huistoe te bring. Die weerlose vroue en hul kinders wat die terrorisme oorleef het, is gevange geneem om lewenslank as slawe uitgebuit te word. Hierdie genadelose Christen gruweldade het diegene wat die volksmoord oorleef het met veelgeslagtelike of Historiese Groot Trauma en 'n ''kleurling'' slawe-mentaliteit ingeprent soos vandag blyk uit die byna onherstelbare sielkundige, kulturele, geestelike en taalkundige skade aan die inboorling Khoen se tradisionele, vreedsame leefwyses, volksgebruike en gewoontes.

    Moet die Voortrekker Monument naby Tshwane ter wille van die herstel van goeie mense verhoudinge en ware versoening oor die rasse verdeeldheid nie eerder die Groot Trauma Monument hernoem word nie?

    Hoe het Christen slawebase inboorlinge aan drank verslaaf gemaak? Die Christen slawebaas betaal die afgelope 360-jaar sy ''baster / kleurling'' slawe met drank, om hulle te bedwelm, bedwing, sodat hulle onder mekaar baklei en mekaar vermoor.

    Die ''blanke'' Christen wyn-en tabakboere is vandag miljoenêrs wat hul rykdom verkry het deur hul ''kleurling'' slawe en hul ''tot''-stelsel wat inboorlinge moreel vernietig. Daar is vandag in ''kleurling'' lokasies grootskaalse verslaafdheid aan drank en dwelms, veral ''tik'' wat die jeug uitroei.

    Gesinsgeweld, moord en verkragtings gebeur daagliks met baie gebroke families in Christen gemeenskappe landwyd. ''Kleurlinge'' maak oral die tronke vol. Die misbruik van drank, sigarette en dwelms beskadig die brein en organe wat lei tot 'n vroeë dood en baie families vernietig. Hierdie vergelyking word dikwels gehoor: So dronk soos ’n ''kleurling'' onderwyser.

    Die Khoen was ontmens of verdierlik as ''kleurling'' slawe, afhanklik van hul ''blanke'' Christen baas vir 'n bestaan op hul eie voorouers se gronde. Die ''kleurling'' is vandag 'n vernietigde persoon met geen self-kennis nie, ontwortel van sy inboorling fondament, afgesny van die kern van sy wese wat hom menswaardigheid moes bring.

    In die kamma ''vrye'' Suid-Afrika met sy grondwetlike demokrasie is daar geen hoop in die toekoms met die volgehoue skending van die inheemse regte van die inboorling Khoen Afrikane nie!

    Waarom steeds die ''kleurling identiteitskrisis''? In plaas van die inboorling Khoen grondwetlik in 1910 te erken, was valse identiteite soos ''Kaapse Kleurling, Ander Kleurling, Maleier, Griekwa, Sjinees, Indier'' ingestel wat die groot identiteitskrisis veroorsaak het.

    Die pous se ''blanke Christen beskawing'' het die inheemse Khoe verander in ‘n ''gemoedsbekakte kleurling'' (wat met sy vel dink) en aan tuisloosheid ly in die land van sy oorsprong. Sonder hul inboorling identiteit, taal, kultuur en godsdiens is daar vandag miljoene sielsieke ''kleurlinge'' met 'n gebrek aan inisiatief, wat ly aan verbeelsiekte, depressie, histerie, 'n swak selfbeeld, geen selfvertroue, self-haat en selfvernietigende gedrag. Die ''kleurling'' is lojaal aan sy baas, maar lui om te werk. Hy is nederig, maar 'n leuenaar en 'n dief. Dié ''kamma'' identiteit bring 'n begeerte om ''wit'' te wees; en tog word nooit as gelyke aanvaar word nie. Die jeug verval as ''gangsters'' en sekswerkers sonder rites of passage seremonies om hul vir volwassenheid voor te berei. Tiener selfmoord neem skerp toe weens wanhoop in hul ''kleurling'' toekoms.

    Die ''kleurling'' lewe is vandag in sy Hollandse en Engelse baas se apartheid kultuur en in ''blanke'' Christelike godsdiens geassimileer. ''Kleurling'' denke is binne die tronk van die Engelse taal en ''baba-Hollands'', of Afrikaans vasgevang, beroof van sy inboorlingtaal.

    Kenako! Die tyd het aangbreek om u denke uit die Christen apart-en-haat tronk te bevry en te verander van 'n ''kleurling'' slaaf tot 'n trotse eerste inboorling!

    Laat die inboorlinge wat bek het, praat! Na 500-jaar van pyn en lyding het dit tyd geword dat ons inboorlinge wat bek het praat vir ons regte. Ons eis onmiddelik grondwetlike erkenning as die eerste inboorling Khoen Afrikaan volke en die regmatige grond eienaars van Suid-Afrika asook die daarstelling van 'n Ministerie van Inboorlingsake (nie tradisionele sake) in die presidensie teen die volgende verkiesing.

    Die eerste taak van die Minister van Inboorlingsake sal wees om in 2012 ons inboorlinge te lei met ons Vyfhonderdjaar Herdenking van die Khoen Vryheidstryd vir die herstel van alle inboorlingregte, kollektiewe grond eienaarskap van westelike Suid-Afrika, en self-regering met die heropbou en ontwikkeling van inboorling leierskap-en gesagstrukture. Ons inboorling Khoen eis ons reg om deur ons eie mense regeer te word net soos die Engelse in Engeland.

    Die Minister se hoof doelwit is om inboorlinge in die lang termyn te lei om ons eie outentieke grondwet en gedragskodes op te stel wat ons leefwyses, waardes en belange die beste sal pas deur die Engelse liberale kapitalistiese ekonomiese stelsel van groot ongelykheid met 'n inboorling sosiale demokratiese ekonomiese stelsel om 'n meer gelyke verdeling van hulpbronne en geleenthede, te vervang.

    Ja, ons kan opstaan en praat vir ons inheemse regte! Dit het tyd geword dat die inboorling Khoen Afrikane hul denke bevry, opstaan in ons stryd om alle inboorling regte te verwerklik.

    'n Nuwe lewe kom uit die donker baarmoeder. Kies die waarheid van u eie werklikheid en begin u eie werklikheid te bou. U kan begin om die konsepte van u inboorling helde as konsepte te ontwikkel om uself te bevry. Weet deur u ervarings met elke sel in u wese, eerder om ander se stories te glo. Glo in u Skepper en besef die mag van morele waardes. Begryp u geskiedenis in die konteks van sosiale ontleding.

    Al ons inboorling helde het inboorling lewe waardeer. Hulle het nooit verskoning gevra omdat hulle inboorlinge is nie. Hulle het geglo in die menswees in die mens se mag en het eerstens in hulself geglo. Ons moet ons inboorling helde oral tentoonstel as rolmodelle.

© Dr. William Langeveld, 2015 

    Hierdie geskrifte is die eiendom in die geheel van die skrywer. Dit mag nie gestoor, vertoon, gepubliseer, kopieer word, of vir enige ander doel gebruik word sonder vooraf en skriftelike toestemming van die skrywer nie. Kai aiôs. 

    Die illustrasie hierby is van twee !ora (Kora) jong vroue voor 'n riethut deur Samuell Daniell. Die Khoekhoen dialek, !ora (Kora / Korana), het uitgesterf tydens kolonialisme. Kry ons in die hande by nossobgroep@gmail.com 

Opmerkings