Water is baie kosbaar in die woestyngebiede van suidelike Afrika (Botswana, Namibië, Noord-Kaap, Groot Karoo) sodanig dat dit vir diegene wat daarvan afhanklik is, goddelike eienskappe aanneem. Vir inheemse mense is Water 'n simbool van Lewe.
In die Ou Tyd, die tyd vóór Tyd, het die Gode en al hul Skepsels hoog in die Lug gewoon;
Want Reën en Vuur was dourie tyd Een. Vuur het die Aarde geskape en Sy maat, Reën, het 'n Reënboog om Haar middel soos 'n gordel gedra. Bidspringkaan (Hottentotsgot Hottentotsxod) verskyn heel eerste aan die begin van die wêreld, toe die hele aarde nog bedek is met Water. Die Gode stuur toe vir Bidspringkaan om te gaan uitvind wat die doel van die lewe is; en Bidspringkaan vra vir Heuningby om saam met Hom te gaan. Heuningby het vir Bidspringkaan oor die donker en onstuimige waters van die Aarde gedra...
Na baie, baie dae het Heuningby moeg geword en koud gekry, en Bidspringkaan het vir Hom swaarder en swaarder op Sy rug geword. Heuningby het aangesukkel en stadiger en stadiger gevlieg. Toe Hy nie meer verder kon nie, sak Heuningby af na die Waters; en Heuningby sien die Eerste Blom, 'n Wit Blom, byna oop, wat bo-op die Water sit en vir die Son se Strale wag. En Heuningby het vir Bidspringkaan in die hart van die blom neergelê en die Saad van die Eerste Mens in Bidspringkaan geplant.
Toe sterf Heuningby.
Toe die Son opkom en die Wit Blom warm word, word Bidspringkaan wakker in die hart van die blom, en van binne-in Hom, uit die Saad van Heuningby, is die Eerste Mens gebore.
***
*Die Heuningby is die inheemse simbool vir Wysheid en verduidelik die hele skeppingsverhaal. Alhoewel hierdie pragtige skeppingsverhaal toegeskryf word aan die “Sān van die Kalahari”, is die bron ongelukkig onduidelik aan watter een van die inheemse Veld-stamme hierdie pragtige verhaal behoort.
Sommige van Namibië se inheemse wilde heuningby-spesies is:
1. Apis mellifera adansonii Latreille namibi
2. Apis mellifera scutellata lePeletier namibi
Opmerkings
Plaas 'n opmerking