Tegnologie: Google se ELP help om Bedreigde Inheemse Tale in Namibië te Behou en Beskerm

    In 2012 het Google met die ondersteuning van Alliance for Linguistic Diversity 'n webwerf geloods: www.endangeredlanguages.com. Die kern van die webwerf is 'n katalogus van bedreigde tale wat saamgestel en in stand gehou word deur taalkundiges aan die Universiteit van Hawai'i (UH) in Mānoa wat jaarliks 'n toekenning van die U. S. National Science Foundation vir hierdie doel ontvang

    ''Die wêreld se tale is in 'n krisis, maar daar is geen omvattende, opgedateerde bron oor bedreigde tale in die wêreld nie,'' het Lyle Campbell, die direkteur van UH Mānoa, in 2012 gesê. ''Die katalogus is dus nodig om bedreigde tale en die herlewing van bedreigde tale aan te teken; om lede van die publiek en studente in te lig; om lede van groepe wie se tale in gevaar is te help; en om aandag te vestig op tale wat die meeste bewaring nodig het.'' 

    Volgens die Endangered Languages Project (ELP) is twaalf (12) tale in Namibië in gevaar van uitsterwing, en uit die twaalf is agt (8) inheemse suider-Afrikaanse (Khoe-Sān) tale. Die ELP nooi verbruikers van die webwerf om 'n aktiewe rol te speel deur inligting oor hul tale aanlyn te plaas in die vorme van geskrewe, en audio of video opnames. Verbruikers mag ook goeie praktyke en gevallestudies deel en word genooi om by die betrokke Google-groepe aan te sluit. 

    Hier volg dan 'n lys van bedreigde en uitgestorwe inheemse Khoe-Sān tale. Die tekens langs elk dui die volgende aan: 

= bedreig (Eng. endangered / moribund)

 = uitgesterf (Eng. extinct)


Inheemse Suider-Afrikaanse (INSA) Taal Stamme, Hul Takke en Status: 

1. KHOE-KWADI

1.1. Kwadi  

1.2. Khoe 

1.2.1. Khoekhoe 

1.2.1.1. Noord: Aini (Eini) , Nama, Damara, ǂAakhoe-Hai||om 

1.2.1.2. Suid: !Ora , Kaap Khoe dialekte   

1.2.2. Kalahari (K'xalaxadi) Khoe 

1.2.2.1. Oos: Shua (Deti , |ara, |'xaise, Danisi, Ts'ixa) 

1.2.2.2. Oos: Tsua (Shua , Kua, |ua, Tsua)

1.2.2.3. Wes: Khwe (Khwe, ||ani, Buga, G|anda) 

1.2.2.4. Wes: G||ana (G||ana, G|ui ǂhaba)  

1.2.2.5. Wes: Naro (Naro) 

2. K'XA 

2.1. ǂHoan Oos (een taal) 

2.2. Ju (taalgroepe) 

2.2.1. Noord-wes: !xun (Angola) , !xun (Ekoka) 

2.2.2. Suid-oos: Ju|'hoan ǂkx'au||'ein 

3. TUU

3.1. Taa (Onderste Nossob) 

3.1.1. Taa (taalgroepe) 

3.1.1.1. Wes: N|u||'en , westelike !xun 

3.1.1.2. Oos: N|amani , Kakia , N|oha , oos !xun , Tshasi ǂhuan 

3.1.2. Nossob (taalgroepe): |'auni , |haasi 

3.2. !ui 

3.2.1. Suid: ||xwegi , |xam (taalgroepe) ǂûnkhoe (ǂûngue) , N||ng (taalgroepe)   

    Suider-Afrika het op die oomblik slegs drie (3) inheemse taalgroepe oor, naamlik Khoe-Kwadi, K'xa en Tuu. Dit is kommerwekkend dat al drie inheemse taalgroepe, hul stamme en takke ook, bedreigde en / of sterwende tale is, en tans in die katalogus vir bedreigde tale verskyn.

    'n Bedreigde of sterwende taal is in gevaar om te verdwyn namate sy sprekers uitsterf, óf nie meer 'n taal gebruik nie, óf oorskakel na ander tale. Taalverlies vind plaas wanneer 'n taal nie meer moedertaal sprekers het nie en dus 'n ''dooie taal'' word. 

    Die inheemse gemeenskap en sprekers van inheemse tale in Namibië en suider-Afrika (veral Botswana) word hiermee uitgenooi om deel te neem aan die Endangered Languages Project deur die skakel hieronder: www.endangeredlanguages.com

***

    Lees hier verder: 

    1. Catalogue of Endangered Languages (ELCAT): http://ling.hawaii.edu/research-current/projects/elcat/

    2. About Endangered Languages Project, Google: https://www.endangeredlanguages.com/about/

    3. 12 languages in Namibia, Endangered Languages Project: https://www.endangeredlanguages.com/lang/country/Namibia 

    4. Endangered Language, Wikipedia: https://en.wikipedia.org/wiki/Endangered_language 

    5. Grafiek: The IPA: Non-pulmonic Consonants, deur Linguischtick

Opmerkings