Gewyde Woorde en Hul Betekenis in die Juǀ'hoanse Geloof

Volgens die antieke, inheemse Juǀ'hoanse geloof glo die Juǀ'hoansi dat die Hemelgod en die geeste van diere en dooies onvermydelik deel is van die menslike bestaan, en ook dat hierdie geeste 'n ander, tydlose wêreld bewoon vanwaar hulle mense kan bystaan of help, of bedreig en bedrieg, kan siek maak, en selfs dood. 

    Ingevolge die Juǀ'hoanse geloof is daar vier (4) soorte bonatuurlike kragte wat ons lewens beïnvloed: die hoogste godheid, 'n mindere godheid, diere se geeste, en ||gangwasi, die geeste van dooies (oorledenes). Die Juǀ'hoansi glo ||gangwasi veroorsaak ernstige siekte en ongeluk. 

    nǀum in die Juǀ'hoanse geloof is geestelike krag en ''medisyne'' wat die godhede aan mense skenk, en nǀum word deur middel van genesende droom-danse verkry word. Tydens dié genesende droom-danse raak die nǀum'kxaosi (mense wat nǀum besit) in 'n beswyming, en betree hulle 'n ''droom-wêreld'' terwyl hulle dans, en ontvang dan openbaringe. nǀum is dus 'n sterk, bonatuurlike, genesende krag.

    Die Juǀ'hoansi glo ||gangwasi verlang daarna om weer te kan lewe, soos ons, en daarom pla ||gangwasi die lewendes. ||gangwasi is ook lastig as gevolg wanneer hulle gelukkig of ongelukkig is met mense se handelinge, optredes, uitsprake, en veral wanneer mense in die ||gangwasi se goeie guns is. 

    Dit is opvallend dat byna die helfte van alle volwasse Juǀ'hoanse mans heilige dokters en genesers is wat nǀum besit en van die ||gangwasi kan kry. Die mans bereik !kia, 'n verligte toestand met sterk lewenskrag, deur middel van pyn. 

    Bogenoemde is slegs 'n kort samevatting van die hooftrekke van die Juǀ'hoanse geloof; dit is nie volledig nie, nog minder omvattend. Die Juǀ'hoanse geloof is baie oud en ingewikkelde geloofstelsel wat met respek benader moet word, en lang studie verg. Dit is buigsaam, dinamies, en vloeiend (afhangend van nasies en stamme se omstandighede) waarin niks ooit met 'n punt eindig nie (met ander woorde, dis ongeskrewe). 

    Die ''gesange'' wat tydens die genesende droom-danse (genesingseremonie) gesing word, bevat gewyde woorde. Hier volg dan 'n lys van belangrike gewyde (heilige) woorde wat spruit uit die Juǀ'hoanse genesingseremonie en wat die hout in die vuur is van hierdie ou, inheemse Namibiese geloof.  

    !xun!a'an

(|onmîs / pronoun / voornaamwoord) - Hemelgod

    g=kao n!a'an

(|onmîs / pronoun / voornaamwoord) - die eerbare en respekvolle naam vir die Hemelgod

    ǀxuri kxaosi 

(ǀonmîs / pronoun / voornaamwoord) - poetsbakkers, bedrieërs  

    !aia 

(werkwoord / sîsenmîs / verb) - (iets) wat sterk gevoelens aanwakker om sodoende wedergebore te word

    =hoê 

(sîsenmîs / verb / werkwoord) - (om) siekte met die hande uit te haal

    ǀ'ua nǀum

(sîsenmîs / verb / werkwoord) - (om) 'n naald (speld) of pyl vol n|um aan iemand anders toe te dien

    ||auhsi

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - 'n naald (speld) of pyl wat n|um in dit het

    ||auh

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - 'n ander woord vir 'n naald (speld) of pyl

    n!haisi 

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - die ou woord vir 'n naald (speld) of pyl wat n|um in dit het

    thara

(sîsenmîs / verb / werkwoord) - (liggaamlike) bewerasies wat deur n|um veroorsaak word

    g!oah

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - die naam vir 'n dans en sy lied, en vir n|um van die g!oah plant

    kabi

(|onmîs / naamwoord / noun) - 'n besoek van oorledenes, of die voorouers, of die Hemelgod terwyl iemand slaap, maar dit is nie 'n droom nie

    !'un

(|onmîs / naamwoord / noun) - droom

    !'uhn

(|onmîs / naamwoord / noun) - die naam van die geluid wat n|um kxao maak wanneer siekte of vuil spelde uit getrek word

    cunkuri

(|onmîs / naamwoord / noun) - 'n spesifieke kabi waartydens iemand die voorouers of Hemelgod sien

    ǀ'an jukonaqnisi

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - 'n kabi waartydens iemand naalde (spelde) of pyle ontvang

    nǀhaitzi

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - die goeie gevoel wat ontstaan wanneer iemand saam met vriende lag

    g||aoan nǀhai

(sîsenmîs / verb / werkwoord) - om te lag as gevolg van die voorouers of voorouerlike geeste

    n=u'uhan

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - iemand wat slegs voorgee om n|um kxao te wees

    n=u'uhan kxaosi

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - mense wat spog met hul n|um

    n!o'an kaǀ'ae 

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - die oorspronklike krag wat alles na iets anders kan verander

    g||aoan='ansi

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - die oorspronklike voorouers

    g=kao n!a'an

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - vader van die oorspronklike voorouers

    ghauh !o

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - moeder van die oorspronklike voorouers

    n!angsi

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - mense met eland koppe

    n!ang nǀaisi 

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - die stamnaam van mense met eland koppe

    ǀae N=unhn

(ǀonmîs / voornaamwoord / pronoun) - die naam vir 'n voorouer wat n|um afstuur as 'n sap van die Hemelgod; die sap is die Hemelgod se pie (urine) en lyk soos water

    mi'nǀai dci

(!hoa / gesegde / proverb) - ''my kop is nat van god se water''

    kxaetci!hun

(sîsenmîs / verb / werkwoord) - 'n klop-klop op die liggaam wat aandui dit is tyd om te jag

    n=a'mǀ'an

(sîsenmîs / verb / werkwoord) - die klop-klop op die liggaam van die voorouers en die Hemelgod

    !kau

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - die gevoel van skok en skrik aan die vingerpunte wat aandui 'n leeu is in die omgewing

    kaakare

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - duiseligheid in heilige dokters wat deur n|um na 'n dans veroorsaak word

    !hui

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - draad, lyn, of tou na die Hemelgod, wat ook na die Hemelgod toe lei 

    tso

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - draad, lyn, of tou vir Leeu turu (of thuru), om in 'n leeu te verander

    maq

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - draad, lyn, of tou na enige voorouerlike geeste, hetsy goed of kwaadaardig 

    !ain !'u

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - 'n plek op die nek waar siekte ontrek is en die n|um kxao se liggaam verlaat

    g||abesi soahn

(!hoa / gesegde / proverb) - ''die mae is sag'' (gereed om n|um te ontvang)

    g||abesi tuih

(sîsenmîs / verb / werkwoord) - (om) die g||abesi gereed te maak om naalde (spelde) of pyle vol n|um te ontvang; 'n mens voel dan gespanne en die liggaam is baie warm (vuur binne-in)

    nǀum kxao 

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - iemand wat n|um besit of het

    !aiha

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - n|um kxao wat kan genees, wat siekte uit kan trek

    tco'kxao

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - n|um kxao wat magtig genoeg is om andere n|um pyle en naalde (spelde) te gee

    !ka tsau ǀ'an

(!hoa / gesegde / proverb) - ''die hart styg hoër''

    nǀum'da'a

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - die naam vir die vuur binne-in die n|um kxao brand 

    gua-gua

(byvoeglike naamwoord / adjective) - as 'n vuur groot vlamme het

    n=hang

(ǀonmîs / pronoun / voornaamwoord) - Bloed Boom (Haematoxylum dinteri) van die Namaqua Karoo, inheems aan suidelike Namibië, en poeier wat van die innerlike deel van die boom gemaak word, word gebruik om Reën mee te maak 

    !ai'tcia 

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - iets dodelik en baie gevaarlik soos gif, weerligstrale, en ernstige siekte

    !'han'n!ang

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - die binnekant van 'n watergat wat die n|um kxao besoek om 'n kabi te hê

    djxani'kxao

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - n|um kxao wat besig is om te dans

    gu'tsau

(sîsenmîs / verb / werkwoord) - (om) hande te klap sodat die n|um kxao se bene beweeg, oplig, en dans

    n!o'an nǀum 

(sîsenmîs / verb / werkwoord) - (om) ''vuil'' naalde (spelde) en pyle na iemand te gooi wat hulle sal seermaak

    !xu dsuu'n!o

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - die Hemelgod se Volstruiseier

    n!ao

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - die ''gees'' of wese van weerstoestande tydens geboorte wat goeie of slegte geluk vir 'n mens en die gemeenskap inhou en voorspel

    da'a

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - die vuur in die lug wat n|um kxao sien terwyl hulle op met die draad, lyn, of tou na die godheid beweeg

    !xaua'khoe

(byvoeglike naamwoord / adjective) - die bose tipe persoonlikheid wat ontstaan as gevolg van gierigheid, inhaligheid, en selfsugtigheid; die teenoorgestelde van liefde

    tchisi

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - n|um pyle

    g!oahnaqnisi

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - g!oah naalde (spelde) met n|um

    =oah'tchisi

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - kameelperd naalde (spelde) met n|um

    ||auhsi

(ǀonmîs / naamwoord / noun) - die Hemelgod se naalde (spelde) en pyle met n|um

***

    Drie (3) Fases vir die N|um Kxao om N|um te Ontvang

    1) n!aroh'||xam - die eerste fase: 'n warm gloed (hitte) in die liggaam, en vrees om te laat gaan ontstaan;

    2) g!a'ama n!ausi - die tweede fase: die hart styg op, na 'n hoër gemoedstoestand, en genesing kan plaasvind;

    3) thara nǀum - die derde fase: die nǀum kxao ontvang naalde (spelde) en pyle vol n|um. 

    Ons bedank en vereer die Hemelgod, g=kao n!a'an, en die ||gangwasi vir Hul bystand en hulp met die kwale van hierdie onse lewe, en ons sal vir Hulle dans, Hulle respekteer en vereer om sodoende Heilige nǀum te kan ontvang, sodat ons die kwale van hierdie onse lewe kan genees. 

    Die foto hierby is by die Living Museum of the Ju|'hoansi Saan (Living Culture Foundation of Namibia) in die noord-ooste van Namibië geneem. Kry ons in die hande by nossobgroep@gmail.com 

Opmerkings