Die inheemse gemeenskappe en nasies van Kai !garib (Grootrivier / Oranjerivier) wat tussen 1778 en 1779 opgeteken is deur Kolonel R. J. Gordon, is ook vanouds die Aini gū a (Einikwa / Einiqua) genoem, of “rivier nasies” en “riviervolke”, en word hedendaags “Rivier Nama” (Nama gū a / Namakwa / Namaqua) genoem. Hier volg 'n lys van hul oorspronklike Khoekhoense nasie-en stamname:
1. Onderste-Grootrivier Nasies
1.1. Namnyqua / Namnigua / ǂnam'ǁae gū a (die karos-draers)
1.2. Kamagaqua / ǁkamaxa gū a (hartebeest mense)
1.3. Kaukeys / !kau'ǁaes (die snyders / die snyer-nasie)
1.4. Ogoqua / ǂoxo gū a (maer-gesig mense / maer-wang mense)
1.5. Gysiqua / |gaisi gū a (tweeling-mense/ gemengde !koran en Thlaping mense)
(tik op die prent om te vergroot)
2. Boonste-Grootrivier Nasies
2.1. Goeringquaeys / !gurî gū a'ǁaes (hoogstaan-mense / die trots nasie)
2.2. Hoekingeys / |hùúî'ǁaes (geel skerpioen nasie)
2.3. Nukais / ǂnū'ǁaes (swart nasie)
2.4. Namkameys / am|khā'ǁaes (regter-sy nasie)
2.5. Kora Eys / !koraî'ǁaes (Korana-nasie)
2.6. Groot Toenequa Eys / Kai |hôa gū a'ǁaes (groot kat nasie / katz / katze)
2.7. Arebe Eys / ǁare bē'ǁaes (Links-nasie, linkerkant nasie, linker-sy nasie).
Agtergrond en Omstandighede van Dokumentering in 1779
Kolonel Robert Jacob Gordon, bevelvoerder van die Vereenigde Oostindische Compagnie (VOC / Dutch East India Company) se Kaapse weermag, het in Oktober, 1777, besluit om die binneland te verken, eintlik op soek na 'n “groot rivier in die noorde” waarvan hy in die Kaap gehoor het. Gordon kon Khoekhoegowab praat en verstaan. In Desember van dieselfde jaar bereik hy toe die Seekoeirivier, besef daar is 'n groter rivier in die nabye omgewing, en trek verder noord. Op die 23ste Desember, 1777, bereik Gordon Kai !garib, drink van die water (wat tot vandag toe skoon en drinkbaar is), en vernoem die rivier na die Hollandse prins, Wilhelm V van Oranje (vandaar die naam “Oranjerivier”). Hy was die eerste Europeër wat dié rivier bereik het. Gordon het in sy dagboek aangeteken dat die “Hottentot” ('n outydse versamelnaam vir Khoekhoen, Naman, en Sān mense, ook vir almal wat “kliktale” praat) wat langs die rivier woon, dit Kai !garib of “gharieb” noem. Ná sy “ontdekking,” het Gordon minstens vyf (5) keer teruggekeer, langs Kai !garib tot by die rivier se mond in die Atlantiese Oseaan gereis, en die verskillende inheemse nasies wat hy teëgekom het, opgeteken.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking