Die son was eers 'n Mens. Sy was eers 'n Man, 'n Ju|'hoansi man.
Die lig het uit sy kieliebak (armholte) geskyn en wanneer hy sy arm opgelig het, was dit helder en warm. Wanneer hy sy arm laat sak het, was dit donker en koud.
Ná 'n lang tyd het die man oud en swak geword.
Die mense het onrustig geraak en die kinders omgepraat om die ou man van die son te vang deur hul arms op te lig terwyl dit helder en warm was.
''Gryp hom,'' het die mense vir die kinders gesê, ''en gooi hom hoog op in die lug en smeek hom om vir ewig en ewig daar te bly!''
Maar, daar is iets anders wat eens op 'n tyd ook Ju|'hoansi was en dit is die Maan. Die Maan is nie goed nie.
Al aanbid mense Hom het hulle Hom nie aangekyk nie want Hy is koud en hulle was bang vir Hom.
***
Dit is op hierdie stadium onduidelik watter een van die inheemse nasies hierdie antieke verhaal van die son en die maan oorgedra het. Al wat ons weet is dit is oorvertel aan 'n toergids in die ooste van Namibië en dat 'n Duitse toeris dit neergeskryf het. Daar is egter duidelike gapings in die oorvertelling wat ons mettertyd hopelik sal invul. Lees hier: https://nossobgroep.blogspot.com/2023/07/klassieke-san-verhale-ou-man-son.html
Die skildery hierby is deur James Dunbar en getiteld Sun of Africa. Die vertaling van hierdie verhaal uit die Duits is behartig deur Anya Namaqua Links vir die Nossob Xoa Xrup: nossobgroep@gmail.com.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking